null
  Loading... Please wait...
  • Dis reeds 10 jaar sedert ons gesin in ’n baie ernstige motorongeluk was en ons lewe het sedertdien dag na dag verander. In die beginjare het ek uitgeroep en selfs geskreeu na God. Ek het daagliks baie ernstig tot Hom geroep om hulp. Later het my geskreeu na sy Naam verander in ’n fluistering en … ek het nog steeds ’n antwoord gekry! Dít is hoe tasbaar sy teenwoordigheid in my lewe geword het. Ek het tot die besef gekom dat ek by Hom kan woon vir ewig, sonder om ooit verwyderd van Hom te voel. Dié plek is in God se hart, in sy koninkryk, in sy orde – die orde van Melgisedek. Hiervandaan sien mens dinge uit ’n ander perspektief. In hierdie liefdesverhouding leer jy om te leef in God se vrede ten spyte van die omstandighede in jou lewe. Dis hier waar jy vanuit die gawe van vrede lewe!
Eksodus 34:14 sê: “Want jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers – ’n jaloerse God is Hy” (1953-vertaling). Hy is ’n God wat passievol is oor sy verhouding met jou! Al staar ons elke dag soveel uitdagings in die gesig. Met Aldo wat in die ongeluk ’n hoofbesering opgedoen het, het ons as gesin nogtans by hierdie ongelooflike punt uitgekom – God se hart! Hier waar ons elke dag in ’n liefdesverhouding met God kan wandel. Groot was my vreugde, en steeds is dit, dat dit ook God se begeerte vir my is. Hy wil elke oomblik met ons kommunikeer, met ons ’n verhouding bou en deel wees van elke  besluit wat ons neem. Hy het ons baie lief en Hy wil daardie liefde elke dag oor ons uitstort!
Psalm 27:8 sê: “Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!” (1953-vertaling). Dít is God se hartsbegeerte! Hy nooi elkeen van ons uit om Hom te nader en met Hom in ’n liefdesverhouding te leef. Daar is soveel in sy hart wat Hy met ons wil deel: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” (Jeremia 33:3 – 1953-vertaling). God sê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid is en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28 – 1953-vertaling). Die vlak van ons liefdesverhouding met Hom word deur óns bepaal; nie deur Hóm nie!
Yeshua het reeds die deur wat na sy hart lei oopgemaak en dis hier waar intimiteit met jou Koning plaasvind. Dit is nie net vir sekere mense beskore nie. Dis vir ons almal! Hy het nie uitgesoektes nie; daar is wel  geliefdes – dié wat soek na sy hartklop. Hoe nader jy kom, hoe meer waarhede sal jy verstaan. Dit word genoem openbarings – ek noem hierdie openbarings “soene van God”. Net soos hierdie soene, kan niemand hierdie waarhede van jou af wegneem nie. Dit is joune vir ewig!
In hierdie boek deel ek met jou van die waarhede wat ek geleer het in my liefdesverhouding met Yeshua. Mag jy die Gees van God beleef en mag jy meer en meer honger en dors na Hom. Mag Hy die lig van sy liefde nogmaals in jou hart aansteek terwyl jy deur die boek werk en sy karakter beter leer ken. 2 Korintiërs 13:13 sê: “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.” Hierdie gemeenskap met Heilige Gees lei jou in ’n vennootskap van intimiteit met Hom.
Ek bid dat die Gees van God jou, deur die boek, sal lei tot by hierdie plek in God se hart!
Ek seën jou liefdesverhouding met die Koning!

My alles vir Sy liefde - 366 Dagstukkies E-Book

Price:
R110.00
SKU:
MAVSLEBOOK

Click the button below to add the My alles vir Sy liefde - 366 Dagstukkies E-Book to your wish list.

SHARE

Product Description

Dis reeds 10 jaar sedert ons gesin in ’n baie ernstige motorongeluk was en ons lewe het sedertdien dag na dag verander. In die beginjare het ek uitgeroep en selfs geskreeu na God. Ek het daagliks baie ernstig tot Hom geroep om hulp. Later het my geskreeu na sy Naam verander in ’n fluistering en … ek het nog steeds ’n antwoord gekry! Dít is hoe tasbaar sy teenwoordigheid in my lewe geword het. Ek het tot die besef gekom dat ek by Hom kan woon vir ewig, sonder om ooit verwyderd van Hom te voel. Dié plek is in God se hart, in sy koninkryk, in sy orde – die orde van Melgisedek. Hiervandaan sien mens dinge uit ’n ander perspektief. In hierdie liefdesverhouding leer jy om te leef in God se vrede ten spyte van die omstandighede in jou lewe. Dis hier waar jy vanuit die gawe van vrede lewe!
Eksodus 34:14 sê: “Want jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers – ’n jaloerse God is Hy” (1953-vertaling). Hy is ’n God wat passievol is oor sy verhouding met jou! Al staar ons elke dag soveel uitdagings in die gesig. Met Aldo wat in die ongeluk ’n hoofbesering opgedoen het, het ons as gesin nogtans by hierdie ongelooflike punt uitgekom – God se hart! Hier waar ons elke dag in ’n liefdesverhouding met God kan wandel. Groot was my vreugde, en steeds is dit, dat dit ook God se begeerte vir my is. Hy wil elke oomblik met ons kommunikeer, met ons ’n verhouding bou en deel wees van elke  besluit wat ons neem. Hy het ons baie lief en Hy wil daardie liefde elke dag oor ons uitstort!
Psalm 27:8 sê: “Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE!” (1953-vertaling). Dít is God se hartsbegeerte! Hy nooi elkeen van ons uit om Hom te nader en met Hom in ’n liefdesverhouding te leef. Daar is soveel in sy hart wat Hy met ons wil deel: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” (Jeremia 33:3 – 1953-vertaling). God sê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid is en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28 – 1953-vertaling). Die vlak van ons liefdesverhouding met Hom word deur óns bepaal; nie deur Hóm nie!
Yeshua het reeds die deur wat na sy hart lei oopgemaak en dis hier waar intimiteit met jou Koning plaasvind. Dit is nie net vir sekere mense beskore nie. Dis vir ons almal! Hy het nie uitgesoektes nie; daar is wel  geliefdes – dié wat soek na sy hartklop. Hoe nader jy kom, hoe meer waarhede sal jy verstaan. Dit word genoem openbarings – ek noem hierdie openbarings “soene van God”. Net soos hierdie soene, kan niemand hierdie waarhede van jou af wegneem nie. Dit is joune vir ewig!
In hierdie boek deel ek met jou van die waarhede wat ek geleer het in my liefdesverhouding met Yeshua. Mag jy die Gees van God beleef en mag jy meer en meer honger en dors na Hom. Mag Hy die lig van sy liefde nogmaals in jou hart aansteek terwyl jy deur die boek werk en sy karakter beter leer ken. 2 Korintiërs 13:13 sê: “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.” Hierdie gemeenskap met Heilige Gees lei jou in ’n vennootskap van intimiteit met Hom.
Ek bid dat die Gees van God jou, deur die boek, sal lei tot by hierdie plek in God se hart!
Ek seën jou liefdesverhouding met die Koning!ype a description for this product here...

Find Similar Products by Category

Vendors Other Products

Product Reviews

This product hasn't received any reviews yet. Be the first to review this product!

Write a review

chat iconOur newsletter