null
  Loading... Please wait...
  • In lig en Lewe _ BoEK

In Lig en Lewe

Price:
R120.00
SKU:
ILEL
Weight:
0.41 KGS
Rating:
5 Stars
Availability:
This product you will receive via postal services
Shipping:
Calculated at checkout

Click the button below to add the In Lig en Lewe to your wish list.

SHARE

Product Description

Ons probeer so hard om die persoon te wees wat an-der mense verwag, dat ons dikwels onsself verloor. In haar boek In lig en lewe herinner die bekende Retah McPherson ons dat net God en ons weet wie ons reg-tig is. Met 101 oordenkings beklemtoon sy dat ons eers in gees en waarheid met God moet verbind voordat ons werklik sal weet wie ons is.
Die oordenkings is in 10 tematiese afdelings inge-deel wat onder andere die volgende insluit:

 die Vaderhart van God (hoe jy God sien)
 jy is ’n kind in die Vader se huis (jou identiteit
as Christen)
 breek die bindings (breek los van sonde)
 voorbeelde van bidders uit die Bybel (mans én
vroue uit die Bybel wie se lewens groot
wendings geneem het as gevolg van gebed)
In lig en lewe laat ook ruimte waar gelowiges per-soonlike gedagtes kan neerskryf in hulle daaglikse reis in God se lig terwyl hulle verhouding met God van krag tot krag gaan.

Die bekende Retah McPherson bied in In lig en lewe 101 oordenkings, verdeel in 10 tematiese afdelings,vir gelowiges om hul geloof te versterk. Sy beklemtoon dat ons eers in gees en waarheid met God moet verbind voordat ons werklik as mense van God kan leef. By elke oordenking is daar ook plek om jou eie gebed neer te skryf.

Gebed maak ‘n verskil. Abraham het dit geweet. Dawid het dit geweet. Baie mans en vroue in die Bybel het dit geweet. Hulle almal het families gehad en moeilike omstandighede en uitdagings geken, maar hulle het geweet hulle krag le net in God. Hulle het hulle problem biddend na God gebring, hulle harte ondersoek en oopgemaak vir Hom. By Hom het hulle geleer wat sy wil in alle omstandighede in hulle lewe was. Nie een van hierdie mense was perfek nie, maar hulle was daarop gefokus om God te ken. God se beloftes en sy hart vir sy kinders is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde. Daarom wil Hy ook jou hart vandag ondersoek, versorg en heelmaak, na jou gebede luister en daarop antwoord volgens sy volmaakte wil. “In Lig en Lewe” sal jou help om God se hart te leer ken, jou eie hart te ondersoek en die mense om jou se harte te verstaan, te help versorg en saam volkome genesing te ervaar. Mag die gebede en geestelike insig in hierdie boek jou deur Heilige Gees lei tot volle genesing en oorwinning.

Vir Retah McPherson en haar gesin was die motorbotsing in 2004 net die begin van ‘n reeks gebeurtenisse wat hulle lewe onheroeplik sou verander.

Aldo en Retah het al verskeie boeke geskryf, onder meer die top-verkoper ‘n Boodskap van God.  Retah staan vandag voltyds in die bediening. Sy reis oor die wereld as ambassadeur van die Koninkryk van God en verkondig die evangelie van Jesus Christus.

Retah en haar gesin is tans gevestig in Stellenbosch, Suid- Africa

Find Similar Products by Tag

aldo  retah  

Find Similar Products by Category

Vendors Other Products

Product Reviews

Write a review

  1. Happy, Enjoy! 5 Star Review

    Posted by on 19th Mar 2021

    We use this book in the evenings after supper as a family with our grown and teenage kids.
    Much enjoyed!


  2. Lig en Lewe Review 5 Star Review

    Posted by on 28th Jan 2016

    Ek is besig met jou boek "In Lig en Lewe" en woorde kan nie beskryf wat hierdie boek vir my beteken nie.
    Ek is so danbaar dat die Here jou gebruik as instrument en dat jy Hom gehoorsaam en hierdie wysheid van God met ons deel. Aan Hom kom al die eer!

    Vandat ek die boek begin gelees het het ek so ‘n behoefte na God se woord en ek wil God se hart leer ken want ek ken nie God nie.
    In die verlede het ek my krag gesoek by sterflike mense maar binne in my was ek leeg en my prioriteite was nie reg nie.

    En voordat ek die boek begin lees het was ek nie bewus van al die voorgeslagte bindings en dat dit gebreek moet word nie. En ek vertrou dat die Here my sal wys van die bindings wat my gevange hou en wat ek moet breek. Ek het nog ‘n lang pad voor my maar deur die genade van God sal ek elke dag tree vir tree saam met hom stap.


chat iconOur newsletter